Jy maak my so verskriklik deurmekaar
sy soek jou en jy soek haar
maar ons kan nie wys hoe ons voel
en ek kan nooit se wat ek regtig bedoel

Ek wens daar was 'n manier om te se
ek wens ek't geweet wat ek regtig wou he
elke keer wat ek in jou oe staar
raak my emosies weer deurmekaar

Die manier wat jy praat
jou komplimente, so akuraat
alles wat ek nie kan verduur
is alles wat jy na my toe stuur

Ek voel so leeg sonder jou
die iemand wat ek kon vertrou
alles wat ek is, met jou gedeel
alles wat ek voel, het jy gesteel
Ek draai weg, maar jy's nog daar
jy maak my vreeslik deurmekaar.

Carike Klokow

http://www.poemhunter.com/poem/afrikaans-deurmekaar/