In dié dae van skerp geluide
hoor ek Sy roepstem weer
Ek moes net daarna luister
kon myself nie keer

‘n Trappie bo verwagting
het Hy vir my gegee
Hier voor my moeë liggaam
die pad vir my skoongevee

So suiwer soos bergwater
witter as wit was
Het Hy my skuld vergewe
my sondes gevat as las

Sagkens op my skouer
voel ek Sy sagte stem
Diep hier binne my
die onheil weer getem

O Skepper, o my Vader
bly hier naby my
Net U kan alles stil maak
en my van hel bevry

Ek kyk nou na die lelie
in my regterhand
Ons kan hul groei nie keer nie
al het ons tog verstand

U is die skepper van my lewe
by U voete kry ek rus
U sal my altyd bystaan
en ook my woede blus

Sylvia Prinsloo

http://www.poemhunter.com/poem/roepstem-van-my-vader/