Sy... Haar siel wonderskoon
eteriese prag,
geklee in wit
en smarag,
haar hare vonkelfyn
Blou Hemelblou
ruite na die siel

Hy...'n plek van die skedelbeen
sy eie Golgota.
Donker verdonkerte vlakte
Hy wat nie laste sal dra
Swart oe wit hare
Klater goud valse skyn
Sy keuse pyn...

Hy verlei... Sy swig...

Saam... Die Koraalboom rooi
kom in bloem
Hy kus smagtend 'n soen
Sy sluk dringend sy aardse wingerd wyn
Hy trek haar neer
haar oomblik van pyn

Sy daal...
Eteries raak gewoon
'n klad veraltyd op die wonderskoon

Michelle Melody

http://www.poemhunter.com/poem/druiwe-van-die-wingerd-op-die-aarde/