Voel asof ek al klaar al die gedigte geskryf het wat ek moes
voel asof ek nogsteeds vir koëls moet koes.
Woorde raak net moeiliker en emosies raak net weg
as daar dan so ding soos liefde is, dan het ek dit definatief nie reg.
Kan dit tog so moeilik wees om te weet hoe mens moet voel,
kan dit tog so moeilik wees om te sê wat ek bedoel?
My oë alweer vol trane, my bottle wyn is alweer leeg,
ek wens ek kon saam my hart beweeg.
So vol smart
'n pikswart hart
Die woorde min
ek asem in
nog 'n keer
my hart so seer
Hoeveel keer gaan ek dit nog doen
ek los jou met 'n soen
Ek is verkeerd oor jou die keer
en ek is alleen, alweer

Carike Klokow

http://www.poemhunter.com/poem/afrikaans-alweer-verkeerd/